Die nuwe Verklaring van Menseregte
Artikel 1.
Alle mense word vry, met gelyke waardigheid en regte gebore. Hulle het rede en bewustheid en behoort in die gees van broederskap teenoor mekaar op te tree.
Artikel 2.
Elke persoon het die reg tot al die regte en vryhede soos in die nuwe Verklaring vervat is, sonder uitsondering van enige aard, soos op grond van ras, geslag, kleur, taal, begrip van die Skepper van hemel en aarde (God), politieke, godsdienstige of enige ander opinie, nasionale of sosiale oorsprong, eiendom, geboorte of ander status.
Daarbenewens sal geen onderskeid gemaak word op grond van politieke, jurisdiksionele of internasionale status van die land of gebied waaraan die mens behoort nie, hetsy dit onafhanklik is, ‘n trust is, ‘n nie-selfregerende gebied is, of aan enige ander beperkinge van soewereiniteit onderdanig is.
Artikel 3.
Elkeen het die reg tot ‘n lewe van waardighied, vryheid en volledige sekuriteit van persoon. Die reg tot lewe en tot onaantasbaarheid begin sodra die mens in wording kom in die baarmoeder.
Artikel 4.
Niemand sal in slawerny of knegskap gehou word nie, insluitend skuldslawe betrokke by ‘n finansiele skuld kontrak wat rente verhaal; alle vorms van slawerny en handel in slawe is dus verbied.
Artikel 5.
Niemand sal gemartel word of aan wrede, onmenslike of vernederende behandeling of straf blootgestel word nie; nie eens as dit op bevel van regeringsliggame, geheime agentskappe, godsdienstige organisasies of magitge maatskappye uitgevoer word nie.
Artikel 6.
Elkeen het oral die reg tot erkenning as 'n persoon voor die reg.
Artikel 7.
Almal is gelyk voor die reg en het die reg tot gelyke beskerming van die wet. Almal het die reg tot gelyke beskerming teen enige diskriminasie ter skending van hierdie nuwe Verklaring van Menseregte en teen enige aanmoediging tot sulke diskriminasie.
Artikel 8.
Elkeen het die reg tot effektiewe kompensasie deur bevoegde nasionale tribunale vir dade wat hul fundamentele regte skaad wat deur die wet of grondwet erken is.
Artikel 9.
Niemand sal aan arbitrêre arrestasie, aanhouding of bannelingskap onderworpe wees nie; nie eens as dit op bevel van regeringsliggame, die Staat, geheime agentskappe, godsdienstige organisasies, militêre personeel of magitge maatskappye, uitgevoer word nie.
Artikel 10.
Elkeen het, in volle gelykheid, die reg tot 'n regverdige en openbare verhoor deur 'n onafhanklike en objektiewe tribunaal, in die bepaling van sy regte en verpligtinge en die ondersoek van enige kriminele saak teen hom.
Artikel 11.
Elkeen beskuldig van 'n strafbare oortreding het die reg om as onskuldig beskou te word tot skuldig bevind volgens die wet, in 'n openbare saak waarin hy verseker is van die nodige verdediging.
Niemand sal skuldig bevind word van 'n strafbare oortreding as gevolg van enige daad of nalatigheid wat volgens nasionale of internasionale wet nie 'n misdaad ten tye van die pleeg daarvan was nie. 'n Swaarder straf sal ook nie opgelê word as die straf wat toepaslik was ten tye van die oortreding nie.
Artikel 12.
Niemand sal onderworpe wees aan arbitrêre inmenging met sy privaatheid, familie, woning of korrespondensie nie, of aan aanvalle op sy eer en reputasie nie. Elkeen het die reg tot beskerming deur die wet teen sulke inmenging of aanvalle.
Artikel 13.
Elkeen het die reg tot vryheid van beweging en verblyf binne die grense van elke Staat. Elkeen het die reg om enige land te verlaat, insluitende sy eie, en na sy land terug te keer.
Artikel 14.
Elkeen het die reg om asiel van vervolging te soek en te geniet in ander lande. Daar mag nie op hierdie reg aanspraak gemaak word tydens vervolging wat regmatig vir nie-politieke oortredings of dade wat teenstrydig is met die doelwitte en beginsels van die “United People” nie.
Artikel 15.
Elkeen het die reg tot burgerskap. Niemand se burgerskap sal arbitrêr afgeneem word nie en niemand sal van die reg ontneem word om sy burgerskap te verander nie.
Artikel 16.
Mans en vroue van die vollwasse ouderdom (18 jaar of ouer), het - sonder enige beperking as gevolg van ras, nasionaliteit, die begrip van die Skepper van die hemel en aarde (God), politieke of godsdienstige voorkeure – die reg om te trou en met 'n familie te begin. Hulle kan aanspraak maak op gelyke regte ten opsigte van die huwelik, tydens die huwelik en tydens ontbinding van die huwelik.
Die huwelik sal plaasvind slegs met die vrywillige en volle toestemming van die voornemende huweliksmaats. Die familie is die natuurlike en fundamentele groepseenheid van die samelewing en kan aanspraak maak op beskerming deur “United People Foundation”, die gemeenskap en die Staat.
Aritkel 17.
Elkeen het die reg om individueel en in assosiasie met ander, eiendom te besit. Niemand se eiendom sal arbitrêr afgeneem word nie, nie eens deur die regeringsliggame, die Staat, die banke of die belastingowerhede nie.
Artikel 18.
Elkeen het die reg tot vryheid van denke, bewustheid, ‘n unieke begrip van die Skepper van die hemel en aarde (God), en godsdiens; hierdie reg sluit in die reg om van denke, godsdiens of geloof te verander en die vryheid om, hetsy alleen of in 'n gemeenskap, hierdie denke, bewustheid, begrip van die Skepper van die hemel en aarde (God), godsdiens of geloof te beoefen deur opleiding, aanbidding of nakoming.
Al hierdie vorms van denke, bewustheid, begrip van die Skepper van hemel en aarde (God) en godsdiens moet gerespekteer word, insover wat dit vredevolle uitdrukkings tot diens van die medemens en alle lewe op aarde is. Daardie vorms wat nie die volle Nuwe Verklaring van Menseregte respekteer nie, is sumier onwettig verklaar.
Artikel 19.
Elkeen het die reg tot vryheid van opinie en uitdrukking; hierdie reg sluit die vryheid in om opinies sonder inmenging te lug en om inligting en idees deur enige media - ongeag grense - te soek, te ontvang en oor te dra. Alle vorme van sensuur is onwettig.
Artikel 20.
Elkeen het die reg tot vryheid van vreedsame vergadering en assosiasie. Niemand sal gedwing word om aan ‘n assosiasie te behoort nie, of om te assosieer nie.
Artikel 21.
Elkeen het die reg om aan die regering van sy land deel te neem, hetsy direk of deur vrylik verkose verteenwoordigers. Elkeen het die reg tot gelyke toegang tot die openbare dienste in sy land.
Die wil van die volk sal die grondslag wees van die gesag van die staat, regering of enige ander stuurliggaam wat deur die volk aangestel word. Die Volk se wil sal uitgedruk word deur periodieke en egte verkiesings wat deur universele en gelyke stemreg sal plaasvind en deur geheime stemming of deur ekwivalente vrye stemprosedures gehou sal word.
Artikel 22.
Elkeen, as 'n lid van die gemeenskap, het die reg tot bestaan-sekerheid en kan aanspraak maak op die verwesenliking van die ekonomiese, sosiale en kulturele regte wat noodsaaklik is vir sy waardigheid en die vrye ontwikkeling van sy persoonlikheid, deur middel van nasionale pogings en internasionale samewerking en volgens die organisasie en hulpbronne van elke Staat.
Artikel 23.
Elkeen het die reg om te werk, tot die vrye keuse van arbeid, tot regverdige vergoeding in ooreenstem met die kennis en vaardigheid van die betrokke mens, gunstige werksomstandighede en tot beskerming teen werkloosheid.
Elkeen, sonder diskriminasie, het die reg tot gelyke betaling vir gelyke werk.
Elkeen wat werk kan aanspraak maak op regverdige vergoeding wat aan hom en sy familie 'n menswaardige bestaan verseker en wat aangevul kan word deur ander vorms van sosiale sekerheid, indien nodig.
Elkeen het die reg, ter beskerming van sy belange, om vakbonde te stig en daarby aan te sluit
Artikel 24.
Elkeen het die reg tot rus en vrye tyd, insluitend redelike beperkings op werksure en periodieke betaalde verlof.
Artikel 25.
Elkeen het die reg tot 'n lewenspeil wat voldoende is vir gesondheid, welsyn vir homself en sy familie, insluitende kos, klere, behuising, mediese sorg en noodsaaklike bestaansekerheid, en die reg tot voordele of onderstandsgeld tydens werkloosheid, siekte, ongeskiktheid, weduweeskap, ouderdom of 'n tekort aan lewens-middele tydens omstandighede buite sy beheer.
Moeders en kinders kan aanspraak maak op spesiale sorg en hulp. Alle kinders, hetsy binne- of buite-egtelik, sal dieselfde sosiale beskerming geniet. Gevolglik is dit onwettig vir die staat, 'n regeringsliggaam of 'n plaaslike owerheid om 'n kind se ouers per wet of regulasie te vereis om die kind voor of na geboorte in te ent, of om te vereis dat die kind vitamien K by geboorte toegedien word. Die ouers van 'n kind is verplig om die gevolge vir die kind, insluitend op die lang termyn, van inenting te ondersoek.
Artikel 26.
Elkeen het die reg tot opvoeding. Opvoeding sal gratis wees, ten minste in die elementêre en fundamentele stadiums. Elementêre opvoeding sal verpligtend wees. Tegniese en professionele opvoeding sal geredelik beskikbaar wees en hoër opvoeding sal net so geredelik op meriete beskikbaar wees.
Opvoeding sal gemik wees op die volle ontwikkeling van die menslike persoonlikheid en op die bevordering van respek vir menseregte en fundamentele vryheid. Dit sal begrip, verdraag-saamheid en vriendskap tussen alle nasies, rasse of etniese groepe bevorder, asook die aktiwiteite van die “United People Foundation” in die handhawing van vrede.
Ouers het die reg en verantwoordelikheid om te kies watter tipe opvoeding hulle kinders ontvang sodat die kind sy maximum ontwikkeling kan behaal.
Artikel 27.
Almal het die reg om vrylik aan die kulturele lewe van hul gemeenskap deel te neem, om die kunste te geniet en in wetenskaplike vooruitgang en voordele te deel.
Elkeen het die reg tot die beskerming van die morele en materiële belange wat spruit uit enige wetenskaplike, letterkundige of kunswerk deur hom geproduseer.
Artikel 28.
Elkeen is verantwoordelik vir en geregtig op 'n sosiale en internasionale orde waarin die regte en vryhede beskryf in hierdie Verklaring ten volle verwesenlik kan word.
Artikel 29.
Elkeen het verpligtinge teenoor die gemeenskap en die “United People Foundation”, waar alleenlik die vrye en volle ontwikkeling van sy persoonlikheid moontlik is.
In die uitoefening van regte en vryhede, sal elke mens slegs onderworpe wees aan die wetlike beperkinge ingestel om deeglike erkenning en respek vir die regte en vryhede van ander te verseker en om die redelike vereistes na te kom vir sedelikheid, openbare orde en die algemene welsyn van 'n demokratiese gemeenskap.
Hierdie regte en vryhede mag in geen geval strydig met die doelwitte en beginsels van die “United People Foundation” uitgeoefen word nie. Die beginsel van 'n Goeie Rentmeesterskap van Alle Lewe sal beslissend wees in hul interpretasie.
Artikel 30.
Niks in hierdie nuwe Verklaring van Menseregte mag interpreteer word as impliserend dat enige Staat, regeringsliggaam, geheime agentskap, politiese of godsdienstige of militêre organisasie, magtige maatskappy, groep of mens die reg het om deel te neem aan enige aktiwiteit of enige daad wat gerig is op die beskadiging van enige regte en vryhede hierin beskryf nie.
