Die Vredesverklaring

Die doel van die Vredesverklaring is die bevryding van alle kinders (insluitende ons innerlike kind) op die planeet, sodat elke mens kan leef en oorleef in vrede and harmonie met hulself, met mekaar, en met die flora en fauna.

Artikel 1.  In Wording
Die ongebore kind, wat in wording gekom het, het die reg om te lewe in gesonde en liefdevolle nabye omstandighede.  Dit is eerstens die plig van die ouers van die kind om dit te verseker, in vennootskap met die gemeenskap.

Artikel 2.  Geboorte
Die Mensdom, in vennootskap met die kind se ouers, dra die verantwoordelikheid om daarna om te sien dat die kind in vredevolle, vreugdevolle, veilige, gesonde en liefdevolle lewensomstandighede gebore word.

Artikel 3. Beskerming
Die groeiende kind is geregtig op beskerming van eksterne faktore wat skade veroorsaak, of wat moontlik skade kan veroorsaak, direk of indirek, aan die liggaam, die verstand, die bewussyn, die siel en die gees.  Onder andere, is die faktore: polities en geestelike menslike leringe; oorlog; mishandeling, insluitend seksuele mishandeling; rasse leringe; dualisme; propaganda; en die meer.

Artikel 4.  Soewereiniteit
Van geboorte het elke kind die reg tot ‘n gesonde lewe in vryheid.  In erkenning van vrye wil, sowereiniteit, gelykheid en die onaantasbaarheid van die lewe, moet dit altyd gerespekteer word.

Artikel 5. Ontwikkeling
Die kind se ouers en/of versorgers, in vennootskap met die gemeenskap, moet verseker dat die kind liefdevol en so goed as moontlik ontwikkel word, volgens die kind se pure belangstelling en bloudruk.  Nuwe stelsels van onderwys laat ons nou toe om kennis te dra aangaande wat ‘n kind gelukkig maak en waarin ‘n kind goed is; dus waar ‘n kind se potensiaal in lê.

Artikel 6.  Volwassenheid
Op die ouderdom van 18, verkry die kind volwasse status; sosiale verantwoordelikheid; die reg om te stem in die Koöperatiewe Kolletief; en ‘n reg op vergoeding vir werk as voordele van sy/haar potensiaal.

Artikel 7.  Die basiese reg tot lewe
Die basiese reg tot lewe gee alle kinders en volwassenes die reg tot liefde; skoon water; gesonde kos; skoene; behoorlike beskermende bekleding; behuising; onderrig; gesondheidsorg en groei in bewuswording.

Artikel 8.  ‘n Goeie rentmeesterskap van alle lewe
As mense en samelewing is dit ons plig om goeie rentmeesterskap oor alle lewe uit te oefen, om sodoende ‘n voorbeeld vir al ons kinders, wat die toekoms is, te stel.

Die beginsel van goeie rentmeesterskap van alle lewe is gebaseer op twee fondamentele dokumente: The New Declaration of Human Rights and The 12 points of change.

Artikel 9.  Die reg om ‘n bindende referendum te hou
“United People Movement” (UPM) sal die koöperatiewe stem wees vir al sy lede.  Hierdeur sal UPM een van die entiteite wees wat bepaal wat in elke land gebeur.  Waar nodig, sal al die inwoners van ‘n land hulself herorganiseer deur die reg om ‘n referendum te hou.  Dit sal vermorsing elimineer en die samelewing konstruktiewe energie gee.

Artikel 10.  Om die mede-eienaar van basiese fasilieteite te wees
As ‘n koöperatiewe onderneming, sal “United People Movement” (UPM) mettertyd die eienaar word van: onderwys; gesondheid; water en voedsel voorsiening; (groen) energie voorsiening; infrastructure; bank fasiliteite, publieke vervoer; behuising (insluitended verhuring); and ander basiese fasiliteite soos begeer.  U word die eienaar van besiese fasiliteite deur UPM.

Artikel 11.  Basiese inkomste van Wins
As ‘n Koöperatiewe onderneming, is “United People Movement” sosiaal in karakter.  Alle sertifikaat-houende lede geniet kollektiewe voordele en wins-deling.  Van die netto wins, sal elke lid ‘n basiese inkomste verdien.  Die aankoop van lidmaatskap sertifikate sal maklik bekostigbaar wees, sodat almal kan deelneem.

Artikel 12.  Gelykheid tussen mense
Elke “United People Movement” deelnemer kan all regte, vryhede en pligte in die Vredesverklaring oproep, sonder enige onderskeid tussen nasionaliteit, velkleur, geslag, taal, geloof, politiese orienteering of ander oortuigings, oorsprong, eiendom, geboorte of status.

As ‘n vlees-en-bloed mens, wat in myself leiding en begrip dra, verklaar ek in die Hier en Nou, op grond van my vrye wil, dat ek begeer om die Vredesverklaring te volbring, ter wille van lewe opsigself.

Gaan asseblief na die "United People Movement" bladsy om die vorm in te vul en die Vredesverklaring digitaal te teken.  Baie dankie!