Die 12 punte van Verandering
Dit was deur die bestudering van mense en die samelewing dat die 12 punt van verandering gevormuleer is. As mens oordeel volgens al die positiewe reaksies ontvang, blyk dit dat die 12 punte van verandering aanklank vind by alle vlakke van die (wêreld) populasie. Dus het die 12 punte wye ondersteuning en geldigheid. Vir die “United People Movement”, met die uitsondering van punt 11, is dit ’n soort van teoretiese oefening. Punt 11 plaas die bestuur van geld in die hande van die mensdom. Van dan af, sal ons self beslis wat in ons gemeenskappe plaasvind.
As mense wil, sal punt 11 daar wees om die “United People Movement” heeltemal te ondersteun waar dit nodig is Die 12 punte van verandering vereis, per land, die ondersteuning van heelwat mense. As die mense wil, kan die “United People Movement” die 12 punte ontwikkel vir elke samelewing, wêreldwyd. Sodoende, sal die “B of Joy” koöperasie en die “United People Foundation” se beginsels van die begin af in die argitektuur van alle ondernemings toegepas word. Met die ondersteuning van die meerderheid mense, kan ons die volgende punte in werking stel:
1. Die “United People Movement” as ‘n koöperatief en ‘n stem van die manse wat (deels) vasstel wat gebeur in ‘n land. Deur die reg tot ‘n bindende referendum, soos in Switzerland, sal die burgers weer die gene wees wat besluit wat ons doen. Dit sal die verkwisting elimineer en konstrukte energie aan ons samelewing gee.
2. Die “United People Movement” en die gemeenskap het toesig oor, en gee advies aan ‘n denamiese regering en kabinet van kundiges. Die kabinet bestuur en lei die land in ‘n professionele manier, sodat die burgers optimale diens ontvang. Dit sal die samelewing “F.E.E.S.” besorg, as opbrengs op hul beleggings.
3. Die “United People Movement” sal ‘n koöperatiewe onderneming van ‘n sosiale aard wees. Alle lede het een (1) stem en kan die kollektiewe voordele geniet wat lidmaatskap verskaf. Die sertifikaat-houers bou ekwiteit. Die lae drempel vir beleggers beteken dat baie mense kan deelneem.
4. Die “United People Movement” koöperatief sal, stap vir stap, die eienaar van gesondheidsorg, publieke vervoer, bank fasiliteite, voedselvoorraad, opleiding, (groen) energie, infrastruktuur en (verhurings) behuising word. Alle sertifikaathouers is deel-eienaaars en het ‘n sê, met een (1) stem.
5. Die “United People Movement” koöperatief sal ‘n aankope kollektief vorm wat altyd die beste kwaliteit en prys sal beding, in watter area van die lewe ookal, vir sy lede. Die aankope mag nie ten koste van enige ander mens of ander lewensvorm wees nie, maar moet wederkerig voordelig wees.
6. Die “United People Movement” koöperatief sal alle lede ‘n voorwadelike aanvulling tot hul basiese inkomste verskaf, deur die netto wins van die onderneming. Die tarriewe sal vasgestel word by die Algemene Jaarvergadering. Dit sal enorme besparings veroorsaak op die koste van sosiale voordele en die dienooreenkomstige inspektorate.
7. Die dinamiese regeringsliggaam sal, onder die toesig van die gemeenskap, sterk en regverdige aksie neem teen alle vorms van ongeregtige gedrag, soos die misbruik van (sosiale) voordele, korrupsie, oortreding, kriminele gedrag, besoedeling, uitbuiting en ander sulke oortredings in ‘n gegewe land.
8. Die dinamiese regeringsliggaam sal elke burger ‘n “gemeenskapskontrak” gee, om die raamwerk van persoonlike verantwoordelikheid te verskaf. Hierin word uitgelê, die reg om te stem, etiese beginsels, en regte en verantwoordelikhede van elke burger. Waar nodig sal sosiale organisasies die mense help en ondersteun om die gemeenskapskontrak te onderhou. Goeie Rentmeesterskap van Alle Lewe, is die sentrale beginsel.
9. Deur die bindinde referendum uitgelê in punt 1, sal alle belangrike nasionale, Europese en globale beluite geneem word, met die goedkeuring van die burgers. Belangrike besluite is alle besluite wat ‘n direkte effek het op die kwaliteit van lewe van meer as 33% van alle burgers van ‘n land. Nadat die besluit wat geneem was, gepubliseer is, sal almal kan stem binne een week, deur of die pos of die internet.
10. Die dinamiese regeringsliggaam sal ‘n multidissiplinêre toesigdiens vorm. Die diens sal die bestaande dienste vereenselwig en vaartbelyn maak, sodat dit eerlike mense, en ander vorms van lewe, optimaal kan bedien in die velde van deernis, orde, geregtigheid, sekuriteit, vrede, harmonie, oorvloed en veiligheid. Daarby sal die ekstra opbrings van F.E.E.S verskaf.
11. B of Joy-koöperatief sal die URA bekendstel as 'n waardesimbool langs die euro en ander geldeenhede. Die URA baseer sy waarde op beleggings in rou materiale, natuurlike hulpbronne, regverdige ondernemings, en mense. Voorbeelde sluit metale, edelstene, voedsel, waterstof, sonkrag, hidro-elektrisiteit, gratis energie en innoverende mense in. Die URA beskerm die nasionale kapitaal (insluitend werkkapitaal) en hou toesig oor sy natuurlike groei. Die waardesisteem sal deur ons koöperatiewe (internet) bank werk.
12. Die “United People Movement” sal strewe om die maksimum verligting van laste (insluitende belasting laste) vir almal te verkry deur onnodige reëls, inspektorate en belastings af te skaf. Inkomstebelasting kan afgeskaf word en vervang word met 10% transaksiebelasting. Die afskaffing van (belasting) laste, die gevolgelike verlaging in kostes en die 12 punte van verandering sal ‘n natuurlike groei veroorsaak vir alle lede van die samelewing. Sluit by ons aan!
Die 12 punte van Verandering kan ondenkbare verandering meebring – die soort positiewe verandering wat ons nog nooit in die geskiedenis gesien het op so globale skaal nie. Dit is (gedeeltelik) in jou hande om hier die geskiedenis te skryf, as 'n wens en bekragtiging van verandering.
As die 12 punte jou inspireer, vat dan die verantwoordelikheid op jou skouers. Maak die verandering deur te onderneem om jou eie aksie te neem, hoe gering ookal. Jy self, verteenwoordig die verandering – vir jou eie toekoms and die van jou vennoot, famielie, vriende, kinders, kleinkinders en vir generasies wat kom.
As ons nie drasties ons keuses verander nie, en as ons met ‘n passiewe uitkyk op alles wat aangaan volhou, dan sal die lyding en ellende wat volg, ongelooflik wees. Wil jy dat dit gebeur? Dink net daaraan en kyk om jou rond. Dit moet stop. Nou. Ons wens jou alles van die beste in die maak van jou besluite.
